Vermeende baba-ontvoerder verskyn weer

Een van die drie verdagtes in die onlangse ontvoering van ‘n drie maande oue babaseuntjie op Tsumeb, verkyn weer op Tsumeb op ‘n klag van ontvoering. Die 23-jarige Albertina Jason by wie die baba naby Oshakati ongedeerd gevind is, het op 2 Junie vanjaar voor landdros Ndatoola Namushinga verskyn wat haar saak tot vandag toe uitgestel het sodat die ondersoek voltooi kan word en Jason regshulp kan bekom. Jason se twee medepligtiges, die 21-jarige Lydia Shimbilinge, en haar sekuriteitswag-broer van Swakopmund, die 25-jarige Joseph Shatilwe, het reeds in die Tsumeb-landdroshof verskyn. Die saak spruit voort uit ‘n 18-jarige San-ma wat in middel Mei na Tsumeb gelok is vir ‘n werk as ‘n huishulp, waarna die verdagtes met haar baba verdwyn het toe sy winkel toe gestuur is om kos te gaan koop.