Vermeende aanhitser van Julie-onluste verskyn vandag

Die verhoor van ‘n vermeende aanhitser van verlede Julie se onluste in KwaZulu-Natal, Bonginkosi Khanyile, begin na verwagting vandag in die Durbanse Streekshof. Die 32-jarige man is ‘n jaar gelede in Johannesburg in hegtenis geneem. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara, sê die verdediging en die staat het tydens ‘n vorige verskyning aangedui hulle is gereed om met die verhoor voort te gaan: