Verligting oor drankverkope

Daar is groot verligting oor die aangepaste, verslapte maatreëls wat in die Staatskoerant gepubliseer is. Alkoholverkope kan nou Saterdae vanaf nege-uur soggens tot nege-uur saans plaasvind en drankwinkels mag ook tussen nege en een verkoop. Shebeen-eienaars het onlangs ‘n versoekskrif aan die regering gerig en gesê die naweek-verbod dryf hulle tot bankrotskap. Terwyl die aanpassings positief is vir handelaars, sê Horst Heimstädt van die Self-regulerende Alkohol Industrie-forum dat verbruikers steeds voorsorg moet tref.