Verkrygingsreëls deur Shiimi aangepas

Die sogenaamde Kodes van Goeie Praktyk vir verkryging is vanoggend deur die finansminister Ipumbu Shiimi amptelik bekragtig. Dit vervang die plaaslike verkrygingsvoorskrifte wat in Desember 2020 uitgereik is. Die kode het ten doel om eksklusiewe voorkeure aan die kategorieë van plaaslike verskaffers te verleen deur die voorbehoud van sekere verkryging van goedere, werke en dienste en om nasionale voorkeur aan onder andere, Namibiese verskaffers. Die ministerie se woordvoerder Wilson Shikoto het meer.