Verkope van passasiersvoertuie bly swak

Altesaam 966 nuwe voertuie is in Oktober 2022 in Namibië verkoop, minder as die 1 000 eenhede in Augustus en September. Nietemin het voertuigverkope met 39,5 persent op ‘n jaargrondslag gestyg, maar met 2,2 persent op ‘n maandgrondslag. Dit is die sterkste groei van 68,5 persent sedert Mei 2021. Verkope van passasiersvoertuie bly swak, met die groei wat deur 530 handelsvoertuie gedra word. Dit is ‘n aanduiding van die vroeë fase van die ekonomiese herstel, volgens Cirrus in die hoofstad.