Verkiesingskoors loop hoog in Suid-Afrika

Die Patriotiese Alliansie van Suid-Afrika sê hy is van plan om alle onwettige immigrante uit die buurland te sit wanneer hy munisipaliteite oorneem. Die party het sy plaaslike regerings-manifes in Eldorado Park, Johannesburg, bekend gestel. Die leier, Gayton McKenzie, sê geen uitlanders behoort in die land toegelaat te word as hulle nie die nodige vaardighede het nie.