Verkiesingskommissie: Geen peutery met stembusse

Die Verkiesingskommissie van Namibië het sy versekering gegee dat al sy prosesse deursigtig en geloofwaardig is, ook tydens die komende Swakopmund-tussenverkiesings. Die voorsitter, Elsie Nghikembua, het vandag by die opleiding van stembeamptes bevestig dat daar geen stembusse met aankoms op Swakopmund oopgemaak is nie. Sy het gereageer op die Landless People’s Movement wat beweer het dat een van die seëls op die stembusse by die Mondesa-polisiestasie oop was toe dit Sondag daar aangekom het. Sy het gesê die seëls wat op alle stembusse in Windhoek geplaas, was nog ongeskonde toe dit by die polisiestasie afgelaai is.