Verkiesingsbeampte vas vir kiesoortreding in KZN

‘n Verkiesingsbeampte in KwaZulu-Natal word beskuldig van die oortreding van Artikel 67 (b) van die Verkiesingswet. ‘n Woordvoerder van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Thabani Ngwira, sê ‘n verkiesingsbeampte in Wyk 93, Kusakusa Primary School in uMbumbulu naby Durban, het glo gemerkte stembriewe in ‘n stembus gedruk, en is deur partylede betrap. Die voornemende DA-raadslid in die wyk, André Beetge, sê enige verkiesingsbeampte wat die vertroue van kiesers en partye skend, sal dadelik aangegee word.