Verkeerskamera op B1 kiek motor wat 196km/h jaag

Vyftien kameras is op strategiese punte langs die 140 kilometer-lange  B2-roete tussen Swakopmund en Usakos aangebring om die hoë ongeluksyfer te probeer verminder en spoedvrate en ander padoortreders vas te vat. Die kameras wat met sonkrag werk, is op pale van 30 meter aangebring en alle inligting sal onmiddellik aan die verkeersreaksie-eenheid en verkeersbeheer-sentrum op Arandis gestuur word. ‘n Motor het tydens die toetsopname teen ‘n snelheid van 196 kilometer per uur verby gespoed.