Verkeer op van die hoofroetes in die land het begin toeneem

Verkeer op van die hoofroetes van die land het volgens verkeersowerhede begin
toeneem met die einde van die langnaweek. Veral die roetes van die kus en die noorde
dra op die oomblik redelike swaar verkeer. Volgens die jongste statistiek van Nampol
was daar verskeie ernstige en noodlottige ongelukke die naweek en motoriste word
gemaan om versigtig te bestuur.