Verhoogde koringproduksie in VSA is goeie nuus

Reaksie word ontvang op berigte dat Amerikaanse koringboere produksie gaan opstoot en voorsieningstekorte verhoed ingeval van ‘n moontlike Russiese inval in Oekraïne. Dit kan landbou-uitvoere vanaf die internasionale twee graan-kragreuse afsny. Tydens ‘n handelsending na die Verenigde Arabiese Emirate het die Amerikaanse minister van Landbou, Tom Vilsack, gesê konflik in Oekraïne sal aan Amerikaanse boere die geleentheid bied om hulle vennote deur ‘n moeilike tyd te help. Die uitvoerende hoof van die NMI Groep Ian Collard sê dit gaan oor prys, nie bystand nie, maar dis wel goeie nuus…