Vergeetagtig? Dalk slaap jy te min…

‘n Nuwe studie het bevind dit is nie so maklik om verlore slaap in te haal nie. Statistieke toon slaapprobleme bedreig die gesondheid en lewensgehalte van 45 persent van die wêreld se bevolking. Die jongste studie het bevind ‘n beduidende aantal mense in hul twintigs, wat oor ‘n tydperk van tien nagte 30 persent minder geslaap het as wat nodig is, het ná sewe nagte van onbeperkte slaap steeds nie volkome herstel nie. Slaapspesialis Dr Raj Dasgupta, sê die studie toon geheue en breinspoed herstel nie so vinnig nie.