Vereniging van Drankhandelaars verheug alkoholverkope is nie verbied

Die Vereniging van Drankhandelaars verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om nie alkoholverkope te beperk of te verbied nie, terwyl die land die nuwe Covid-19-variant, Omikron, probeer bestry. Die land bly op vlak een van die inperking. Lucky Ntimane van die vereniging sê die drank-sektor doen ‘n beroep op Ramaphosa om hom daartoe te verbind om die status quo te behou terwyl ander volhoubare maniere ontgin word om Covid-19 te bestry en inentings ‘n hupstoot te gee.