Verenigde rugbykampioenskap in die Noordelike Halfrond veroorsaak ‘n skerp styging in televisiekykersgetalle

Rugby: Die byvoeging van vier Suid-Afrikaanse spanne by die Verenigde-kampioenskap in die Noordelike Halfrond veroorsaak ‘n skerp styging in televisiekykersgetalle. Die toernooi se bestuur sê vroeë syfers toon die vorige wereldwye rekord van 853-duisend-511 wat in die vorige derby van 2017/18 opgestel is, kan verbygesteek word as al die gekonsolideerde verslae en die internasionale getalle van verlede naweek se kykers gefinaliseer is. Die toernooi-organiseerders teiken meer as een-miljoen kykers in huishoudings per ronde vir die res van die seisoen se aksie.