Verenigde Koninkryk wil Januarie versterkingsdosis toedienDecember 1, 2021
Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Boris Johnson, sê die regering se doelwit is om teen die einde van Januarie almal wat in aanmerking kom ‘n Covid-versterkingsdosis te bied. Die versterkingsdosis-program sal volgens ouderdom uitgevoer word en in Engeland sal hierdie inentings beskikbaar wees by 1 500 gemeenskapsapteke, bykomende hospitaalsentrums en opwip-inentingspersele. Johnson sê dis onwaarskynlik dat nog ‘n streng inperking ingestel sal word weens die nuwe Covid-19 Omikron-variant.