Verdagte in Noord-Kaap vas met dagga van N$700 000

‘n Verdagte is in hegtenis geneem in verband met dagga ter waarde van 700 000 Namibiese dollar in die Noord-Kaap. Die polisie het inligting opgevolg oor ‘n 44-jarige verdagte wat dagga in die Kagisho-gebied by Galeshewe verkoop. Hulle het op die niksvermoedende manlike verdagte se huis in Kagisho toegeslaan. Die polisie se woordvoerder, Sergio Kock, sê hulle het beslag gelê op meer as vier ton dagga wat in ‘n bakkie en ‘n hut versteek was.