Verdagte by Kakamas met tik vasgetrek

‘n Verdagte is in Kakamas in die Noord-Kaap in hegtenis geneem in verband met dwelmhandel van 78 700 Namibiese dollar. Die polisie het ‘n voertuig langs die N14 sien staan en ondersoek ingestel. Die bestuurder het baie senuweeagtig gelyk toe hulle die voertuig nader. Hy is beveel om uit te kim en hy het toe weggehardloop. Die polisie het hom agterna gesit en toe hulle die 34-jarige verdagte vang, het hulle ‘n wit plastieksak by hom gekry. Die woordvoerder van die polisie, Nelis Prins , sê daar was meer as 400 gram tik in die sak.