Verbruikers moenie paniekerig raak met aankoop van kookolie

Verbruikers is gemaan om nie paniekerig te raak oor die aankoop van kookolie nie nadat kleinhandelaars perke op aankope geplaas het. Supermarkte het die prys van kookolie verhoog weens die uitwerking van die Russiese inval in Oekraïne. Die kommersiële direkteur van Southern Oil, Morné Botes, sê internasionale gedrag het ook die vraag na sonneblomolie beïnvloed, aangesien Indonesië alle palm-uitvoere verbied het. Volgens Botes sal daar genoeg voorraad wees indien verbruikers nie paniekerig koop nie, omdat 70-persent van olie plaaslik vervaardig en 30-persent ingevoer word.