Verbod op pluimvee, voëls vanuit Erongo, opgehef

Die verbod op die beweging van lewende pluimvee en wilde voëls uit kusgebiede van die Erongo-streek word opgehef. Aan die begin van die jaar het die landbou- en gesondheidsministeries die uitbreking van hoogs aansteeklike voëlgriep in wilde voëls bevestig wat langs die kuslyn van Walvisbaai en Swakopmund voorgekom het. Meer as 200 dooie wilde voëls, hoofsaaklik die Kaapse kormorante, is sedert 13 Januarie by Walvisbaai en Swakopmund waargeneem. Die direktoraat van staatsveeartseny-dienste het nou die verbod opgehef. Die woordvoerder van die landbouministerie, Jona Musheko, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.