Verbind julle aan Tutu se waardes

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, moedig inwoners aan om vandag by hom aan te sluit in die viering van die 90ste verjaarsdag van Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu. Hy sê in ‘n verjaarsdagboodskap dit is ‘n groot eer om namens die provinsiale regering die aartsbiskop ‘n gelukkige verjaarsdag toe te wens. Winde het ook die publiek aangemoedig om vandag te gebruik om oor die waardes waarvoor Tutu staan te besin en hulle daartoe te verbind: