Venus, Mangetti uitslae ondersteun olieveld ontwikkeling

Africa Oil Corp sê sy boor- en toets-uitslae in die Venus en Mangetti gebiede, wat in 2023 en die eerste helfte van die jaar voltooi is, ondersteun die ontwikkeling van die Venus-olieveld. Die Kanadese maatskappy besit net meer as 31 persent van Impact Oil and Gas wat ‘n aandeel in die eksplorasie blokke 2912 en 2913B het. Die Venus 1X-put is deur TotalEnergies geboor namens die aandeelhouers in die blok.