Venaani tree in by studente in Oekraïne

Die amptelike opposisieleier, McHenry Venaani, het ook die optrede deur die ministerie van internasionale betrekkinge in verband met die repatriasie van studente in die Oekraïne verwelkom. Afgevaardigdes van die Namibiese ambassade in Duitsland sal die Namibiese studente bystaan in Pole en gesprekke is ook reeds met Poolse owerhede gevoer. Hy het sy tevredenheid uitgespreek na ‘n telefoniese gesprek met die minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah.

Venaani het ook ‘n beroep op Namibiërs oorsee gedoen om die Namibiese studente te help wat sukkel om uit die oorloggeteisterde Oekraïne te vlug.