Venaani loop deur oor bywoning van onafhanklikheid

Die herrie rondom die Onafhanklikheidsvieringe weier om te gaan lê. Die amptelike opposisieleier, McHenry Venaani van die PDM-party, het deurgeloop onder kritiek omdat hy dit bygewoon het. Talle lede van die publiek is toegang tot die Vineta-stadion in Swakopmund geweier en al het die Presidensie bevestig dat almal wat daar was kospakkies ontvang het, word dit in sommige oorde ten sterkste ontken. Daar is op Twitter opgemerk dat Venaani die vieringe moes boikot maar hy het gesê hy was, nes al die ander, net ‘n genooide gas en was ook ontsteld oor die stand van sake. Hy het bygevoeg sonder die mense is die vieringe nutteloos maar, dat die foute by die regering se deur gelê moet word. Hy het bygevoeg dat hy lank genoeg op die kantlyn gesit het by nasionale vieringe wat deur Swapo oorheers is en sal nie ‘n nasionale dag boikot nie maar, sê hy het spyt dat hy ‘n middagete bygewoon het terwyl Namibiërs kos geweier is.