Venaani het verlede jaar al gesê oor weermag

Die Ministerie van Verdediging en sy kommersiële entiteit August 26 Holdings is steeds in die nuus. Die minister, Peter Vilho, het gister bedank na sy ontmoeting met President Hage Geingob. Die Prokureur-Generaal Martha Imalwa het ook ‘n ondersoek geloods na oorbetalings van Vilho se Hongkong beleggings rekening na die afgetrede Generaal Martin Shalli. Daar is ook beroepe gedoen vir ‘n openbare oudit van August 26 Holdings en sy filiale. Op 13 Junie verlede jaar na die Staatsrede van 4 Junie, het die leier van die opposisie, McHenry Venaani in die Nasionale Vergadering melding gemaak van die vrae oor die finansiële bestuur in die weermag.