Vermeende leier van pedofielsindikaat is soek

Uit Suid-Afrika berig media dat ‘n lasbrief vir inhegtenisneming van die beweerde leier van ‘n kinderuitbuiting-sindikaat uitgereik is. Gerhard Ackerman, 52, het verdwyn. Dit het aan die lig gekom toe hy nie in die hof verskyn het nie. Die ondersoekspan is na sy huis en het bevind dit is ontruim. Die hof sou getuienis aanhoor oor WhatsApp-boodskappe en stemnotas wat Ackerman na bewering aan kliënte gestuur het, insluitend die senior advokaat en waarnemende regter Paul Kennedy, wat sedertdien sy eie lewe geneem het.