Veldwagters by Tafelberg moet ondersteuning kry

Die Newlands Forest-aksiegroep in Kaapstad sê hulle ondersteun ‘n groep jong veldwagters wat die naweek in die gebied in die Tafelberg Nasionale Park gekamp het met die doel om verdagtes wat boombas stroop te monitor, te volg en aan te keer. Die groep sê hulle is bly oor die optrede van SANParke en is beïndruk met die bykomende toewyding en vaardighede wat deur die veldwagters getoon is. ‘n Woordvoerder van SANParke, Rey Thakhuli sê die ondersteuning word waardeer: