Veldhospitaal by Windhoek Sentrale Hospitaal geopen

Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het vandag ‘n Covid-veldhospitaal met 70 beddens by die Windhoek Sentrale Hospitaal amptelik geopen. Die veldhospitaal is ‘n inisiatief van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid saam met die private sektor. Kuugongelwa-Amadhila het gesê die regering is besig om isolasiegeriewe regoor die land op te rig wat tussen einde Augustus en Oktober vanjaar voltooi behoort te wees. Sy het gesê daar is tans 1 732 beddens landwyd in openbare en private hospitale, waarvan 143 in intensiewesorgeenhede is.