Veldbrande wek kommer, ministerie doen opleiding

Veldbrande is die afgelope tyd in al die uithoeke van die land gerapporteer, veral die sentrale dele van die land. Groot skade is aan infrastruktuur aangerig en weiding vir vee en wild is vernietig. Kosmos 94.1 Nuus het aan die toerismeministerie gevra hoe die veldbrande die toerismebedryf raak. Die woordvoerder, Romeo Muyunda, sê die veldbrande is van groot kommer. Hy het gemaan dat brandende sigarette nie uit voertuie gegooi word nie en braaivleisvure by piekniekplekke geblus moet word.