Veldbrande in Noord-Kaap: SANDF verantwoordelik?

Suid-Afrika het nes Namibië groot uitdagings met veldbrande. Die DA in die Noord-Kaap het die premier, Zamani Saul, versoek om dringend aandag te skenk aan die verwoesting wat weghol-brande in die Kalahari aangerig het. Bykans 70 000 hektaar veld is tussen Kathu en Daniëlskuil vernietig nadat brande Sondag skynbaar by die Lohatla Militêre Basis ontstaan het. Die brande kon nie geblus word nie omdat die weermag die afgelope vier jaar skynbaar nie sy brandbane in stand gehou het nie. Willie Aucamp van die DA sê die verlies van duisende hektare weiding is ‘n krisis, veral in die lig van die voortdurende droogte in die gebied: