Veldbrande by Dordabis duur voort

Dit is die vierde dag wat teen die veldbrande in die Dordabis-omgewing geveg word, sê ‘n brandbestryder van Rehoboth, Dirkie Cloete. Hy sê brandweerspanne van Windhoek staan hulle ook by, veral met Groot Aub en Oamites wat ook nou in brandgevaar is. Cloete gee die jongste nuus oor die brande in die omgewing aan Kosmos 94.1 Nuus.