Veldbrand woed ook by Rocky Crest

Die veldbrand wat by Deutsch Krone of Kibble aan die ooste van Windhoek uitgebreek het, woed steeds en saai verwoesting. Hulp is steeds nodig om die veldbrand te blus op die D1502-pad naby die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en Seeis. Marshal Ranger Sean Naude sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is ook ‘n veldbrand in die Rocky Crest-gebied.