Veldbrand by Teufelsbach-omgewing woed steeds

Die veldbrand wat in die Okahandja-strik in die omgewing van Teufelsbach woed, word beskryf as moeilik om te beheer. Bruno Jordi van Teufelsbach, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê as die wind verander, weet jy nie wat gaan gebeur nie. Hy het gesê die vuur kan nie sonder 4×4-voertuie bereik word om te blus nie.