Veldbrand by Omatjete geblus

’n Groot veldbrand wat in die omgewing van die Omatjete-nedersetting in die Erongo-streek gewoed het, is onder beheer gebring. Ben Upi, ’n boer in die omgewing, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die brand het nie te veel skade aangerig waar hy is nie, maar wel meer in die omgewing van Okombahe.