Veiligheidsveldtog vir vakansie van stapel gestuur

Die jaarlikse vakansieseisoen-veldtog van die Nasionale Padveiligheidsraad het in Swakopmund begin. Die veldtog duur regoor die land tot 17 Januarie volgende jaar, met ‘n spesifieke fokus op die B1- en B2-hoofpaaie. Kosmos 94.1 Nuus het met Aubrey Oosthuizen van die Weskus-veiligheidsinisiatief gesels oor die belangrikheid van die padveiligheidsveldtogte, asook die belang daarvan om ‘n verantwoordelike bestuurder te wees, veral gedurende die feesseisoen.