Veiligheidsprojek vir Windhoekse fietsryers bekend gestel

Die president van die Namibiese Fietsry-federasie Axel Theissen het gereageer op fietsryers en drawwers in Tshwane wat ‘n beroep doen op wetstoepassings-agentskappe om hulle te beskerm. Die Veiliger Roetes-forum sê hy voel kwesbaar na ‘n skerp styging in misdaad in verskeie gebiede. Die forum is ook bekommerd oor motoriste se gebrek aan agting vir drawwers en fietsryers. Fietsryers is onlangs aan die buitewyke van Windhoek deur misdadigers aangeval en beroof en die bekende Namibiese rugbyspeler en fietsryer Gerhard Mans is onlangs op die B1-hoofweg noord van Windhoek doodgery. Daarna het Namibiese fietsryers weer eens ‘n beroep op veiligheid gedoen. Theissen gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor ‘n veiligheidsprojek vir fietsryers.

Theissen het ook gesê dat hierdie projek op ‘n perfekte tyd gekom het vir fietsryers wat oefen vir die Nedbank Desert Dash.