Veiligheidsmagte in Egipte stel mense glo onwettig tereg

Veiligheidsmagte in Egipte word beskuldig dat hulle gereeld mense onwettig teregstel en die skuld dan op skietvoorvalle met rebelle pak. Volgens Human Rights Watch het die owerhede oor ‘n tydperk van vyf jaar meer as 750 sulke sterftes aangemeld. Internasionale media berig die groep het 14 sterftes deeglik ondersoek en bevind die slagoffers was volgens familielede in aanhouding voordat hulle doodgemaak is. Egiptiese owerhede voer reeds lank ‘n veldtog teen die Moslem-broederskap wat volgens hulle ‘n terroristegroep is.