Veiligheid van SA onderwysers moet verseker word

Die Suid-Afrikaanse onderwys-aktivis, Hendrick Makaneta, sê dis noodsaaklik dat die regering dringend stappe doen om die veiligheid van onderwysers en leerders te verseker. Dit volg ná die moord op ‘n laerskool-onderwyser van Noordwes. Die 45-jarige vrou is doodgeskiet terwyl sy voor die Laerskool Rutanang by Rustenburg in haar motor gesit het. Makaneta sê sulke voorvalle kom in die land voor en is ‘n teken van geslagsgeweld teen vroue en kinders.