Veiligheid by waterbronne onder soeklig
Die Departement van Water en Sanitasie vra die regering en gemeenskappe om saam te werk oor openbare veiligheid by waterbronne. Die adjunkminister Sello Seitlholo het die Vaalharts-hoofkanaal in Hartswater in die Noord-Kaap besoek waar ‘n 13-jarige seun verdrink het terwyl hy geswem het. Hy sê verdrinkingsvoorvalle gebeur dikwels in kanale en ander waterliggame tydens die somerseisoen wanneer mense in die hitte wil afkoel.