Veghonde moet waai

Die Sizwe Kupelo-stigting in Suid-Afrika vra vir ʼn verbod op die aanhou van Amerikaanse veghonde as troeteldiere. Jong kinders is deur die honderas vermink en gedood en die openbare mening is verdeel oor of dit wenslik is dat mense toegelaat word om hierdie diere aan te hou. Die honde-eienaar en teler, Cambeno Jansen, is daarteen gekant dat hulle verbied word en sê eienaars het reeds baie geld bestee om hulle te versorg. Volgens die leier van die stigting, Sizwe Kupelo, het hulle versoekskrif om Amerikaanse veghonde te verbied, oorweldigende positiewe reaksie ontlok: