Veertien Covid-steftes in vier distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 14 Covid-sterftes in vier distrikte aangemeld, asook 53 nuwe gevalle uit 1 166 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 4,5 persent verteenwoordig. In die groep is 22 leerders, waarvan 13 van twee skole in die Engela-distrik is, asook een onderwyser. Daar is nou 1 165 aktiewe gevalle, waarvan 92 in hospitale is, en 12 in intensiewesorgeenhede. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, gee die jongste Covid-syfers.