Veediefstal van byna kwartmiljoen in die Vrystaat

Drie verdagtes tussen 33 en 35 jaar is vasgetrek in verband met veediefstal van 220 000 rand in die Vrystaat. Die polisie-misdaadintelligensie het ‘n wenk ontvang oor veediefstal wat op ‘n plaas naby Wesselsbron in die Vrystaat beplan word. ‘n Span bestaande uit lede van die Odendaalsrus-veediefstaleenheid en die Eenheid vir Bedreigde Spesies het die gebied dopgehou. ‘n Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê hulle het ‘n vragmotor met beeste op voorgekeer.