Veediefstal in Vrystaat as ekonomiese sabotasie beskou

Die tekortkominge wat Vrystaatse boerderygemeenskappe tans waarneem by die polisie se veediefstaleenhede, kan beskou word as ekonomiese sabotasie van die landbousektor. Dit is die mening van Vrystaat Landbou en die Rooivleisprodusente-organisasie. Die voorsitter van Vrystaat Landbou se komitee vir landelike veiligheid, Jakkals le Roux, sê volgens sake wat aangemeld is, ly sommige plaasgemeenskappe jaarliks verliese van tot tien miljoen rand. Vrystaatse streke wat veral geteister word, sluit Brandfort en Ladybrand in.