Veeboere moet aanpas om in klimaatsverandering te oorleef

Kenners reken dat stygende temperature en wisselvallige reënpatrone die produktiwiteit van Namibiese landbougrond met 42 persent teen 2050 sal laat daal. Die finansminister, Ipumbu Shiimi het in die lig hiervan sy kommer oor die impak op die land se BBP uitgespreek. Die sentrale gebiede en lewendehawe-produsente sal glo die swaarste getref word. Kosmos 94.1 Nuus het met Thinus Pretorius, die voorsitter van die Namibiese Lewendehawe Produsente-organisasie, gesels oor wat die oplossing sal wees om veeboerdery te laat oorleef.