VBS-saak tot 12 Oktober uitgestel

Die saak teen 14 mans wat beskuldig word van die plundering van 2 miljard rand uit VBS Mutual Bank is in die Hooggeregshof in Pretoria tot 12 Oktober uitgestel. Sommige van die beskuldigdes het hulle regspanne verander. Hulle staan tereg op 188 aanklagte van bedrog, diefstal en rampokkery. Die staatsaanklaer sê dit sal onmoontlik wees om voort te gaan met voorverhoor-verrigtinge aangesien 62 000 bladsye deurgewerk moet word. Die saak het plaaslike belang omdat die SME Bank se miljoene van VBS oorgedra is.