Vax is Oxford se woord vir 2021

Die woord “vax” is aangewys as die Oxford Engelse woordeboek se woord van die jaar. Vax, en ander woorde wat met Covid-19-inentings verband hou, is ook uitgebrei tot ‘n wyer reeks begrippe wat met inentings verband hou. Die woord “vax” is in September 72 keer meer gebruik as verlede jaar. Vax is ook in woorde gebruik om mense te beskryf wat teen inentings gekant is, soos anti-vax of anti-vaxxers. Die woordeboek se senior redakteur, Fiona McPherson, sê die woord was ‘n vanselfsprekende keuse omdat dit die grootste impak gehad het.