Vandag herdenk ons die voorkoming van selfmoord

Namibië se syfers vir selfmoord is die week bekend gestel en daar is plaaslik daardwerklike uitdagings met 745 persone wat hulle eie lewens in die eerste ses maande van die jaar geneem het. In die buurland sê die Suid-Afrikaanse Depressie-en-Angsgroep die Covid-19-pandemie het ‘n styging veroorsaak in versoeke vir sy dienste. Sadag se woordvoerder, Cassey Chambers, sê oproepe het van ongeveer 600 per dag in 2020, gestyg tot ongeveer 2 220 per dag hierdie jaar. Vandag is Wêrelddag vir die Voorkoming van Selfmoord, en hierdie jaar is die doel om hoop te skep met daadwerklike optrede. Selfdood is dikwels ‘n taboe-onderwerp in Suid-Afrika, maar Chambers sê om te daaroor te praat kan help om ‘n tragedie te voorkom: