Julie 2017 tot Julie 2002 toon brandstof hiper-inflasie van 63,1% 

Vanaf Julie 2017 tot Julie 2022 het petrol en diesel ‘n hiper-inflasiekoers van 63,1 persent hoër geregistreer as die jaarlikse deflasiekoers van 3,4 persent wat in Julie 2017 aangeteken is, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se Handelsbulletin vir Julie. Die jaarlikse inflasiekoers vir die vervoer-kategorie, wat 14,3 persent van die verbruikersmandjie uitmaak, is steeds die hoof-aandrywer van die algehele inflasie, en het in Julie 2022 met 20,9 persent toegeneem, vergeleke met 10,6 persent van Julie 2021. Die toename in die vervoer-kategorie is hoofsaaklik weerspieël in die prysvlakke van persoonlike vervoer wat met 35,5 persent gestyg. Op ‘n maandelikse basis het vervoer ‘n inflasiekoers van 3 persent in Julie 2022 aangeteken vergeleke met 4,1 persent wat in Junie aangeteken is.