Vanaand is die aand vir Chani

Dit is vanaand die 12de weergawe van die Mej. Supranational-kompetisie in Nowy Saçz, Malopolska, in Pole. Chani Rabe van Namibië is so gewild dat sy as ‘n voorloper bestempel word en verskeie voorspellers meen dat sy vanaand die kroon sal dra.Willem Fourie die nasionale direkteur van die Mej. Supranational-kompetisie in Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus uit Pole gepraat .