Van Covid, tot aappokke en nou’s dit masels…

Eers was dit aappokke, wat nou onder beheer is en ‘n stil dood gesterf het met amper geen gevalle wat aangemeld word nie, en nou waarsku die Wêreldgesondheidsorganisasie oor ‘n dreigende maselsuitbreking. Volgens die WGO het byna 40 miljoen kinders hulle roetine entstofdosis in 2021 misgeloop weens struikelblokke wat deur die pandemie geskep is. Maar, die organisasie voeg by dat gevalle nog nie dramaties toegeneem het in vergelyking met vorige jare nie. Daar was in die eerste nege maande van die jaar ongeveer 30 uitbrekings van masels wêreldwyd, waaronder Namibië en Zimbabwe ook gevalle gehad het.