Valke sê Mafe het brand erken

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die brand begin het wat die Nasionale Vergadering en ander dele van die Parlement vernietig het, het na bewering skuld erken. Zandile Christmas Mafe sal môre weer in die Kaapstadse Landdroshof verskyn vir ‘n borgtogaansoek. Die Valke sê hulle het voldoende bewyse teen hom gevind, maar wou nie berigte bevestig dat ‘n ANC-T-hemp, politieke verslae uit koerante van die 1980s en plakkate wat aandring op die vrylating van Chris Hani se moordernaar, Janusz Walus, in Mafe se plakkershut in Khayelitsha gekry is nie.